’n Unieke boek vol intieme feite en fabels

 

Hierdie klein wonderwerk – die vagina, is heeltemal te lank in geheimhouding gehul en skromelik verwaarloos. Nie meer nie! Die Koekieboek is ’n kunstig saamgestelde gebruikershandleiding wat hierdie taboe uit die weg wil ruim en vroulike selfbemagtiging bevorder. Die boek, met meer as 100 smaakvolle kleurfoto’s en illustrasies, bied ’n verfrissende perspektief op dié verborge skat.

Ontdek fassinerende feite, geniet seldsame en interessante historiese brokkies soos die bisarre geskiedenis van voorbehoeding, eksperimenteer met boskasiedekorasie, leer meer oor dogtertjies se dingetjies, puberteit, die maagdevlies en die G-kol en kry die jongste wenke oor intieme gesondheid en sorg.

Die Koekieboek is informatief, lighartig en op die vrou af. Dit is gebaseer op goed nagevorsde mediese inligting en dus iets wat vroue met hul dogters, kleindogters en geliefdes kan deel. Gebruik dit as jou intieme gids en metgesel op die lewensreis – vanaf kindsbeen tot en met die menopouse, en daarna …

 

BESTEL NOU ‘N GETEKENDE BOEK OF ‘N GESKENKPAK »

 Deel 1: Die Ontdekking van ons Feestelike Voue

  • Wat Noem Ons die Gleufie
  • Die Naakte Waar­heid
  • Die Vroulike Snu(i)f 
  • Paradoks – Heuningpot of Hindernis?

 Deel 2: Koekiekundigheid: Die Lewenssiklus van ‘n Vagina

  • Dogtertjies se Dingetjies
  • Die Vroeë Tienerjare
  • Maagdelike Reinheid
  • Seksuele Gemeenskap
  • Swangerskap en Geboorte
  • Die Oorgangsjare

 Deel 3: Koekie-Coiffure: Boskasie Dekorasie

  • Tatoeëring en Liggaamsdeur-prieming
  • Kleur, Kap en Kartel
  • Haarsorg Sonder Sorge

 Deel 4: Koekemakranka: Mediese Afdeling

  • Die Histeriese Vrou
  • Vaginale Infeksies
  • Seksueel-Oordraag­bare Siektes

 Deel 5: Kulturele Norme en Waardes

  • Koekies wat Byt
  • Hoe Meer Mense, Hoe Meer Dinge
  • Genitale Skending
  • Verering en Verheerliking van die Vulva
  • Leer Ken en Koester

 

LOF VIR DIE KOEKIEBOEK

“Om DIE KOEKIEBOEK te lees is vir my die verpersoonliking van seksualiteit – ’n ondervinding waarin daar gelyktydig op ’n mens se sintuie aanslag gemaak word en laat met ’n gevoel van lewend-wees, vrou, wild en wonderlik. Soos seksualiteit het Maritza se boek vele lae, en elke bladsy bied ’n verrassing. Hierdie outeur het haar onderwerp goed nagevors – gemengde media van strookprente tot poësie en verruklike illustrasies om die leser deurentyd wakker, ingelig en geïnteresseerd te hou. ’n Pragtige bydrae tot vroue en hul seksualiteit.” – Dr. Marlene Wasserman, ook bekend as Dr. Eve, outeur, geregistreerde seksterapeut in Suid-Afrika en die VSA, lektrise en geselsradioprogramaanbieder

“… met groot elegansie betree. Ek beskou dit as baanbrekerswerk en wil voorstel dat alle ma’s en dogters dit lees, en dan aangee na die pa’s en kêrels. Gee hulle dan tyd om te herstel.” – Dave Pepler , Omgewingspesialis, akademikus, outeur en aanbieder van Groen, ’n televisieprogram oor die natuur op Kyknet, wenner van die Steve Hamilton Award, 2007

“Vanaf die kulturele betekenis van maagdelikheid tot ‘hoe die koekie verkrummel’ soos ons ouer word, en hoe en hoekom mense hul ‘lieflike vroulike dele’ versorg en verfraai – hierdie boekie sal jou touwys maak oor alle vaginale aangeleenthede.” - Lesley Byram, Cape Times

“Inspirerend, kreatief geïllustreer … verruklik … behoort aan alle tienerdogters gegee te word.” – Vivien Horler, Cape Argus

“Moet-hê geïllustreerde leesstof.” – Women’s Health

“Snaaks en kreatief, pragtige kunswerke … vier die beste van vrouwees.” – Nicole Sparrow, Longevity Magazine

“Gee erkenning aan die belangrikheid en onpeilbaarheid van die vagina … filosofies en humoristies … ’n gewigtige boek wat op bewonderenswaardige wyse poog om die geskiedenis, impak en skoonheid van die vagina te ontrafel.” - Oliver Roberts, Sunday Times

“Absoluut pragtig en stylvol … gevul met onontbeerlike inligting.” - Nancy Richards, SAfm

“Alhoewel alle dele van die boek nie vir die manlike leser spesifiek relevant is nie, bly dit wetenswaardig en ’n onderwerp wat hulle lewenslank boei! Veral wanneer dit so beskaafd en stylvol aangebied word!” – Kerneels Breytenbach, joernalis, uitgewer en bekroonde skrywer

“’n Boek van onskatbare waarde. Dit lig die sluier oor ’n baie spesiale kleinood. ’n Goue geskenk vir elke ma, dogter en vriendin.” - Antoinette Louw, bekroonde aktrise en vertaler en verwerker van die Vagina Monoloë

“Dit is ’n klein, pragtig-geïllustreerde boekie wat beslis ’n lekker skop het. Wanneer dit kom by die gesondheid en begrip van ’n mens se ‘private dele’ moet ’n mens eenvoudig ’n ding by sy naam noem – en hierdie boek doen juis dit.” - Odyssey-tydskrif

“Wat ’n verfrissende en openhartige kyk op iets waarvan ons almal meer wil weet en wat ons meer wil bespreek, maar dikwels nie doen nie! Maritza het dit reggekry om tegelykertyd in te lig, ’n mens te laat lag en verwonderd te laat, en dit is alles gedoen met soveel humor, passie en liefde vir haar onderwerp. Dit is ’n moet-lees vir al die vroue daar buite en vir enige man wat van vrouens hou en meer wil weet!” – Embeth Davidts, aktrise, LA, Verenigde State van Amerika

“’n Mini-koffietafelboek . . . ’n spogboek, smaakvol geïlustreer met klassieke kunswerke . . . vir vroue en jong meisies wat te skaam is om te vra.” – Ilse Krige, Die Beeld, Die Burger, Die Volksblad

“Visueel ’n pragtige boek, geskryf met warmte en spitsvondigheid, insiggewend en positief. Noodsaaklike leesstof vir elkeen wat een van hierdie baie spesiale kleinode besit!” – Patricia McNaught Davis, Radio Helderberg

Facebook Like Button for Dummies